Stel jou voor jou hele identiteit word digitaal - jou persoonlike besonderhede, jou toegang tot dienste van die staat en moontlik selfs hoe jy jouself in die alledaagse lewe identifiseer. Klink dit na ’n tegnologiese deurbraak, of dalk eerder ’n privaatheidsnagmerrie? Die Departement van Binnelandse Sake se planne vir digitale identiteit wek kommer oor staatsmonitering en datadiefstal, maar bied ook hoop om identiteitsbedrog te bekamp. Ons praat met Gideon Lombard, bedryfshoof van DIDx, oor die voordele en risiko’s.



