Daar is 'n spreekwoord wat lui dat daar twee dinge is waarvan 'n mens seker kan wees in die wêreld: belasting en die dood. Millennia al is daar rituele om van mense wat gesterf het, afskeid te neem. In Suid-Afrika is daar 'n wye verkeidenheid soort begrafnisse. Tog duik die vraag dikwels in moderne samelewings op: Is daar nog 'n doel aan 'n begrafnis? Die teoloog en skrywer, professor Cas Wepener, het onlangs 'n artikel hieroor in Rapport geskryf, en baie reaksie daarop gekry. Cas is verbonde aan die Universiteit Stellenbosch.



