Die oudpresident van Amerika, Barack Obama, se presidensiële biblioteek is pas teen $850 miljoen voltooi, en word eersdaags geopen. Die biblioteek is in 'n arm deel van Chicago opgerig. President Donald Trump se planne vir sý biblioteek is ook al bekend. Die tradisie van presidensiële biblioteke in Amerika kom al 'n paar dekades aan. Ons praat hieroor met Francois Bekker, wat jare lank 'n belangstelling in die Withuis en sy bewoners het.