Ponte City, of die Ponte-gebou naby Hillbrow in Johannesburg, troon al meer as vier dekades oor die Goudstad uit. Dis een van die hoogste residensiële geboue in Afrika met 54 verdiepings. Dit staan byna 173 meter hoog. Die afgelope paar jaar word daar gereeld die Ponte Uitdaging aangebied. Dit behels dat jy die reuse hoeveelheid trappe moet uitklouter, klim of draf. Ons kollega hier by die SAUK, Marlise Scheepers, het dit onlangs gedoen.