Op en WakkerOp en Wakker

Die konflik tussen Israel en Palestina

View descriptionShare
Geweld tussen Israel en Palestina het die afgelope weke opgevlam en in felheid toegeneem, veral aan die Wesoewer. Sowat drie miljoen Palestyne woon op die Wesoewer. Dis vanjaar 75 jaar sedert die Staat van Israel in 1948 tot stand gekom het – en dit was 75 jaar van byna onophoudelike konflik tussen die twee lande. Israeli’s en Palestyne maak aanspraak op gebiede wat vir albei historiese en geestelike waarde het. Die konflik tussen Israel en Palestina bring groot verdeeldheid, ook in Suid-Afrika, waar mense byna militant óf pro-Israel óf pro-Palestina is. Om met ons hieroor te praat, sluit dr. Marthie Momberg verbonde aan die Beyers Naudé-Sentrum vir Publieke Teologie aan die Universiteit Stellenbosch by ons aan.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 6,751 clip(s)