Anna Petronella van Heerden, of Nell, soos sy bekend gestaan het, was die eerste Afrikaanse vrou wat 'n dokter geword het. Dié formidabele vrou was egter veel meer as net 'n dokter. Om Vrouedag te vier, praat ons oor Petronella met die sosioloog, professor Christi van der Westhuizen, wat uitgebreide navorsing oor haar gedoen het.