Vryheid is 'n konsep waarvan almal hou - of dit nou is om vryheid te verkry van die baas, die verkeer of die lewenslaste wat swaar op die skouers rus. In Suid-Afrika is vryheid 'n sentrale tema van die grondwet. Die land se nasionale vakansiedag is byvoorbeeld nie onafhanklikheidsdag nie, maar Vryheidsdag. Ons praat met prof. Pieter Duvenage van Akademia oor die filosofie van moderne vryheid met sy wortels in die Franse Rewolusie se Liberté, Egalité, Fraternité - oftewel vryheid, gelykheid en broederskap.