Die aweregse, maar formidabele, Helen Martins, is verlede Saterdag, 50 jaar gelede, oorlede. Haar sonderlinge en indrukwekkende Uilhuis en Camel Yard op Nieu-Bethesda, naby Graaff-Reinet, word jaarliks deur duisende toeriste besoek, en inspireer steeds talle kunstenaars. Eersdaags verskyn daar 'n boek, FOR THE LOVE OF LIGHT, om Martins te gedenk. Ons praat met een van die samestellers van die boek, Elzilda Becker. Elzilda is ook die uitgewer van De Kat.