In ons weeklikse gesprek oor die Anglo-Boereoorlog, praat ons oor die slag van Talana wat op 20 Oktober 1899 plaasgevind het. Talana lê oos van Dundee, sowat 70 kilometer van Bloedrivier af, in die Noorde van die destydse Natal. Oudergewoonte sluit die historikus, professor Fransjohan Pretorius, by ons aan.