In ons weeklikse gesprek oor die Anglo-Boereoorlog, praat ons verder met die historikus, professor Fransjohan Pretorius. Vandag gesels ons oor die Boere se strategie en die beleëring van Ladysmith, Kimberley en Mafeking. Hy beantwoord ook ’n luisteraarsvraag oor die oorlog.