Danie Odendaal is Woensdagaand in sy huis in Langebaan oorlede. Hy was 77 jaar oud. Hy was ’n meester en 'n reus in die televisiebedryf in Suid-Afrika. Danie was die skepper van een van die gewildste sepies ooit in Suid-Afrika, 7de Laan. Hy het ook die gewilde Saartjie-boekreeks op televisie laat lewe kry. Ons bring hulde aan Danie, en gesels met een van sy beste vriende wat deel was van die eerste 7de Laan-episode, Henry Mylne.