Die Solidariteit-beweging en tientalle ander organisasies beplan môre 'n optog teen die BELA-onderwyswette. Volgens Solidariteit en AfriForum word tot 5 000 mense by die Voortrekkermonument verwag, waarna daar na Vryheidspark gestap sal word. President Cyril Ramaphosa het ná 'n telefoongesprek met Kallie Kriel van AfriForum en Dirk Hermann van Solidariteit, nie die BELA-wette se taal- en toelatingsklousules bekragtig nie. Ramaphosa het op versoek van John Steenhuisen en Pieter Groenewald vir Kriel en Hermann gebel. Kallie sluit by ons aan.