Hy was 'n gróót Suid-Afrikaner. Met sy bos lang, krulhare en omtrent 2 kg se koperarmbande was die reisskrywer en professor in rekeningkunde, C. Johan Bakkes, se bynaam nie verniet Johannes die Loper nie. Johan is Dinsdagaand in die ouderdom van 68 aan kanker oorlede. Johann het nie 'n duim terug gedeins vir uitdagende avonture nie. Hy het die warmste en koudste plek in die wêreld waar mense 'n bestaan maak, besoek. Hy het meer as 'n 1 000 kilometer in die Namibwoestyn gestap, Kilimanjaro en die Himalayas geklim en nog vele meer avonture aangepak. Op sy kerfstok het jy talle boeke oor sy reise. Ons praat met Johan se broer, die joernalis Marius Bakkes, en met een van Johan se beste vriende en reisgenote en ook 'n joernalis en fotograaf, Gerrit Rautenbach.