Die All Blacks kom môre in Kaapstad teen die Bokke te staan, en soos altyd sal daar baie meer as net 80 minute se rugby op die spel wees. Maar in die Kaap is daar ook ’n interessante deel van die storie - deur die jare het die span ’n lojale groep Suid-Afrikaanse ondersteuners opgebou. Vir sommige is dié liefde vir die Kiwi’s só diep gewortel dat dit amper deel van hulle identiteit geword het. Een van hulle is Winston Small van Wellington, wat só passievol oor die All Blacks is dat hy selfs sy naam verander het.