Derick Hougaard, die Liefling van Loftus, se afrigters by Boland Landbou, het geglo hy is vir groot dinge bestem. Toe hy op die bloedjong ouderdom van 19 die Curriebeker vir die Bloubulle wen én Naas Botha se eindstryd-punterekord verbeter, was sy toekoms rooskleurig. Maar toe begin dinge verkeerd loop. Hy het harsingskudding opgedoen. Daar was Kamp Staaldraad, nóg beserings en toé 'n pilverslawing. 'n Biografie, DERICK HOUGAARD: DIE WARE STORIE VAN DIE LIEFLING VAN LOFTUS, het pas verskyn. Ons praat met die skrywer van die biografie, Brenden Nel.