Op en WakkerOp en Wakker

Bestaan ruimtewesens? Trump maak dokumente bekend

View descriptionShare
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het aangekondig dat sy Minister van Oorlog, Pete Hegseth, binnekort die regering se dokumente oor ruimtewesens, Vreemde Vlieënde Voorwerpe (VVV's) en lewe in die buiteruim sal vrystel. Daar word dikwels bespiegel oor die Amerikaanse weermag, wat glo van hierdie VVV's afskiet, soos in September verlede jaar, toe 'n komitee van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, 'n video ondersoek het, wat glo wys hoe 'n weermag-hommeltuig 'n VVV probeer afskiet, maar misluk. Is daar wetenskaplike bewyse dat ruimtewesens bestaan? En wat sien mense as hulle beweer hulle sien ruimtetuie? Ons praat hieroor met die ruimtekenner, dr. Ruhann Steyn, verbonde aan die Noordwes-Universiteit.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 6,648 clip(s)