Kan die Belydenis van Belhar, 40 jaar ná sy aanvaarding, weer die kerk en wêreld help rig in ’n tyd van toenemende konflik en morele onsekerheid? Dít is die vraag wat ’n NG-predikant stel in ’n gesprek waar die kerk se geskiedenis en die misbruik van geloof in diens van ideologieë onder die loep kom. Teen die agtergrond van ’n wêreld vol spanning en hernieude vrae oor wat geregtigheid vandag beteken, word die Belhar-belydenis weer as ’n moontlike morele kompas vir ons tyd oorweeg. Ons praat hieroor met ds. Rudi Swanepoel van die Aan-die-Berg Gemeente in Johannesburg.