Die omstredenheid oor die BELA-wette neem nie af nie. 'n Organisasie wat tuisonderrig verteenwoordig, het nou hierdie omstrede onderwyswette na die Konstitusionele Hof geneem om die grondwetlikheid daarvan te toets. Die organisasie, die Pestalozzi-trust, het sy hofstukke van 286 bladsye onlangs by die hof ingedien. Om met ons hieroor te praat, sluit die bestuurshoof van die beheerliggaam-organisasie, Fedsas, dr. Jaco Deacon, by ons aan.