Die Afrikaanse dagblad in die noorde van die land, Beeld, is 50 jaar oud. Die koerant is op 16 September 1974 die eerste keer uitgegee. Groot was die skok toe die nuus vroeër vanjaar uitlek, dat Beeld en ander koerante, nie meer gedruk gaan word nie, ná 'n besluit deur Koos Bekker, 'n direksielid van Media24 en voormalige bestuurhoof van Naspers. Beeld het vanoggend 'n spesiale gedenkuitgawe op straat, en ons praat oor die soet en suur met Beeld se redakteur, Barnard Beukman.