Die broer van Koning Charles III, Andrew Mountbatten-Windsor, is sy hele volwasse lewe lank al dikwels om die verkeerde redes in die nuus. Hy is verlede week in hegtenis geneem en vir ure lank ondervra, voor hy vrygelaat is. Daar is reeds verskeie oproepe dat hy verwyder moet word van die opvolglys om moontlik koning te word. Ons praat hieroor met die skrywer, Daniël Lötter.