Die Wêreld Gesondheidsorganisasie het Oktober verklaar as die maand vir ouer mense, om die kollig te laat val op die uitdagings en geleenthede vir ouer mense. Daar word baie aandag geskenk om finansieel voor te berei vir die dag wat mense aftree, of afskaal, maar daar word nie aldag aan die sielkundige voorbereiding van aftrede gegee nie. Ons praat met dr. Hannetjie van Zyl-Edeling, 'n sielkundige en skrywer van die boek, DISTILLED WISDOM: A GUIDE TO POSITIVE LIVING AND AGEING.