Johan van Lill met praat met Gregory Marais, ‘n onderwyskundige, oor hoe skole en onderwysers Graad 4- tot 6-leerders prakties kan help om sterker en meer onafhanklike lesers te word. Die gesprek volg op ’n vorige program oor lees om te leer, en beweeg nou van bewustheid na praktyk: As ons weet dat lees die sleutel tot leer in alle vakke is, hoe ondersteun ons leerders doelgerig sodat hulle werklik deur lees kan leer?