MonitorMonitor

Pogings om die Kenmare Kloof op te knap, is goed op dreef

View descriptionShare
 

Tientalle mense, hoofsaaklik pelgrims, het die afgelope tyd in die Kenmare Kloof aan die Gautengse Wesrand verdrink tydens geestelike rituele. Die Kenmare Kloof Bewaringsvereniging, sê dis tyd dat dié onnodige sterftes gestop word, deur die gebied doeltreffend te bestuur. Die sterftes is maar een van die kwessies wat die vereniging wil hokslaan. Samesprekings met die relevante owerheid verloop goed, en die vereniging hoop dat hy teen Augustus vanjaar, die grond by die Mogale City Munisipliteit, en die Johannesburg Metro, onder voogdyskap kan neem. Marlinée Fouché was by die vereniging se eerste opruimsessie, ná bykans 2 jaar van inperkingsregulasies.

  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Monitor

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Social links
Recent clips
Browse 4,297 clip(s)