23 Junie 2026: Die parlement se afsettingskomitee vergader môre om sy werksaamhede voort te sit. te midde van 'n poging deur president Cyril Ramaphosa om die komitee te stop. Die Ngwathe-munisipaliteit, wat Parys, Vredefort, Koppies, Edenville en Heilbron insluit, is dalk binnekort onder administrasie. 80% van die 477 000 nuwe kiesers wat die afgelope naweek geregistreer is, is jonger as 30.