Die EFF sê hulle sal die hele week buite Clicks-winkels protesoptrede hou. 'n Ontleder deel sy insig oor die manier waarop die party te werk gaan as hulle nie met iets saamstem nie. Ons vra ook waarom Suid-Afrikaners nie 'n slegte woord oor hulle hare duld nie. En ons vind meer uit van 'n spesiale ietermagog wat uit die onwettige handel gered is.