Die familie van Reeva Steenkamp sê hulle is bereid om met die veroordeelde Oscar Pistorius oor parool te praat. 'n Suid-Afrikaner kry 'n Oscar-toekenning in die studente-afdeling. Ekonoom Mike Schussler waarsku oor werksverliese indien beurtkrag voortduur, en sê 350 000 werksverliese vanjaar is 'n groot moontlikheid. Die Good Party besluit om eerder in die opposisiebank te wees.