Die geskorste bestuurshoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust is nog dieper in die sop nadat sy glo 'n joernalis probeer omkoop. Die ANC gaan sy RNE-vennote raadpleeg oor die beplande uitbreiding van dié koalisie. Die polisiehoofde van Lesotho en Suid-Afrika onderneem om verdere ondersoek in te stel na beweerde onwettige militêre kampe op Vrystaatse plase.