Die polisie wag op die uitslag van DNS-toetse nadat menslike oorskot in die maag van 'n krokodil naby Komatipoort gevind is. Die polisie glo die Mazwi Khubeka-ontvoeringsaak kan tot 'n veel groter misdaadsindikaat lei. Die Verenigde Nasies se hoë kommissaris vir menseregte, Volker Türk, beskou mediavryheid soos die suurstof, wat 'n vry en regverdige samelewing nodig het om te oorleef. Ons vra of dit tans verwesenlik word.