Twee mense is dood en talle ontwortel ná die tropiese storm Eloise, wat in Mosambiek en die noorde en ooste van Suid-Afrika verwoesting gesaai het. Ons praat met een van die nooddienswerkers in Mpumalanga. Die organiseerders van vanjaar se Olimpiese Spele in Tokio oorweeg verpligte inenting vir atlete.