Die energiereguleerder, Nersa, begin met provinsiale verhore om te bepaal hoeveel meer jy vir elektrisiteit sal moet betaal. Die polisiebegroting gaan volgens berigte oor die volgende drie jaar met R26-miljard gesny word. Ons praat oor klassieke motors met prof. Jannie Rossouw.