MonitorMonitor

Monitor 18 Januarie 2022 - Deel 1

View descriptionShare
 
Inwoners van Bloemhof en Christiana in die Noordwes word gevra om hulle huise te ontruim weens die Vaarlrivier se stygende watervlak. Herstelwerk aan spoorinfrastruktuur in die Wes-Kaap vorder stadig weens begrotingsbeperkings. Noordwes se onderwysdepartement identifiseer minstens 50 onwettige skole in die Rustenburg-gebied. Die Hooggeregshof in Pretoria hoor vandag AfriForum se aansoek aan oor die publikasie van matriekuitslae in die media. FEDSAS sleep die Oos-Kaapse Departement van Onderwys hof toe omdat hy glo versuim het om handboeke en skryfbehoeftes aan die provinsie se skole te voorsien. Tegnologie-liefhebbers moet opdok weens 'n tekort aan hardeware wat rekenaarkomponente se pryse die hoogte laat inskiet.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Monitor

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Social links
Recent clips
Browse 4,293 clip(s)