Die EFF sê hy sal nié aan 'n regering van nasionale eenheid deelneem nie, terwyl die ANC nie veel uitlaat oor wie sy nuwe regeringsgenote is nie. Koerante soos City Press, Rapport, Beeld en Daily Sun sal vanaf Oktober glo nie meer gedruk word nie. Ons praat hieroor met 'n mediakenner. 'n Multimiljoen Rand asbeshofsaak word vandag in die Vrystaatse Hooggeregshof aangehoor. Gauteng se Polisiekommissaris praat oor sy eerste 100 dae in die amp.