Die Wêreld Ekonomiese Forum se risiko-verslag, wat op die 11e Januarie vanjaar vrygestel is, toon dat klimaatsverandering en die gevolglike ekologiese agteruitgang van natuurlike habitatte, 'n reusebedreiging vir die Afrika-ekonomie inhou . 'n Beroep is gedoen om die mensgemaakte skade wat aangerig is weens droogte, oorstromings, erosie en die oorbewyding van grond, teen te werk. 'n Grondeienaar in die Baviaanskloof, Pieter Kruger, wy sy lewe aan die herstel van die natuurlike ekosisteem op sy plaas, Zandvlakte. Hy het twaalf jaar terug begin om die Spekboombioom op sy plaas te herstel, en het sedertdien sowat 4-miljoen nuwe plante op die plaas geplant. Tydens 'n besoek aan die streek, het hy vir Marlinée Fouché gaan wys waarmee hulle daagliks besig is...

Monitor: ANC eis dat OVK kandidaat-benoemingstelsel ondersoek word
46:57

Monitor: Geen verbyvlug voor derde toets teen All Blacks
46:33

Monitor: Boer laai lammers wat keelaf gesny is, by polisiekantoor af
50:30