Die hele familie vergader om Ma se verjaarsdag te vier. Sy is bly dat Johan en Chanel weer bymekaar is, en is verheug wanneer Adri en Ben haar vertel van die baba wat hulle wil aanneem. Die voordeurklokkie lui, en Ma maak die deur oop vir ʼn onverwagte gas...