



AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 33
Louw lig Blikkies in dat Rachel blykbaar teruggetrek in die woonstel waar sy en Alet voorheen gewoon het. Klets verneem dat Blikkies 'n brief vir sy seun geskryf het, en besluit sy gaan sorg dat Blikkies en sy seun herenig. Pieter word aangerand by die skool deur Dewald.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 32
Klets en Sannie kry amper 'n boete wanneer hulle die tweedehandse klere by die taxihalte gaan verkoop. Blikkies gee vir Louw 'n brief om aan Blikkies se seun te gee waarin hy vergifnis vra. Klets verneem by Blikkies dat die dokters hom minder as 'n maand gegee het om te leef.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 31
Klets kom met 'n plan vorendag om Sannie te help om haar huur betaal. Pieter laat glip aan Sannie dat hy vir Blikkies bloed sien hoes het. Moolman vra Nico om sy oë en ore te wees, en uit te vind wat die polisie soek.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 30
Sannie konfronteer Blikkies oor hoekom hy sy vriend Louw Visagie in die polisie genader het. Visagie lê besoek af by Frans en vra hom uit oor die selfone wat hy by die Nigeriër gekoop het. Blikkies bieg teenoor Pieter dat hy bloed hoes en vra hom om nie vir Klets te vertel nie.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 29
Sannie bieg teenoor Pieter dat sy bekommerd is oor Frans, en vra Pieter om 'n kombers vir Frans te vat. Klets vertel vir Sannie dat speurder Louw Visagie by Blikkies kom kuier het. Sy dink dit het iets te make met Frans. Louw maak kontak met Pieter, en vra hom uit oor die selfone.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 28
Frans is ontsteld wanneer Nico hom vertel dat Rachel moontlik by Moolman se nagklub as ontkleedanseres werk. Klets is nuuskierig om uit te vind waaroor Blikkies en Louw Visagie gesels. Blikkies vra Louw om Frans en Rachel uit Moolman se kloue te red.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 27
Klets wil Blikkies versorg, maar hy is 'n moeilike pasiënt. Nico kry 'n boodskap van Frans om hom te ontmoet oor die selfone. Pieter vertel vir Blikkies van die gesteelde selfone waarmee sy pa en Nico smous. Blikkies besluit om vir Frans die skrik op die lyf te jaag, en so te verhoed dat Frans geva…

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 26
Sannie skop vir Frans uit, en sê hy moet die tent vat en by Groendam gaan bly, want dan is hy naby Giel se Gat om verder te drink. Pieter vra Nico om saam met hom te gaan om te kyk of Rachel by Moolman is. Blikkies word uit die hospitaal ontslaan en huis toe gestuur ná sy operasie. Klets sal hom ve…

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 25
Sannie is verbaas wanneer sy uitvind dat Rachel terug is, en wil weet wat verkeerd geloop het met Alet. Pieter gaan soek vir Frans by Giel se Gat nadatFrans die vorige aand nie huis toe gekom het nie. Sannie is ontsteld wannear Frans dronk opdaag en boonop vir Moolman saamgenooi het om by hulle te …

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 24
Rachel besluit om by Alet se woonstel uit te trek en tydelik weer by Sannie en Pieter in die karavaan te gaan bly. Moolman pak die skuld op Alet dat Rachel nie meer by die nagklub wil dans nie, en vra haar om uit die woonstel te trek. Nico vertel vir Moolman dat hy Frans by Giel se Gat sal vind.