

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 17
Neels se wonde word verbind na die groot geveg. Lienkie het idees oor hoe op Neelsie te reklameer.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 16
Die brand het geweldige gevolge. Verskeie mense word daarvan verdink dat hulle by die brand betrokke sou gewees het. Xander slaan munt uit die chaos en beskou die dele van die fabriek wat afgebrand het.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 15
Jorrie vry hard na Lienkie, maar sy hou hom op ‘n afstand omdat sy voel dat sy hom nog nie goed genoeg ken nie. Hulle gaan daardie aand na die inwyding van ‘n nagklub in Nelspruit, en hulle gevoel vir mekaar raak hier skielik sterker.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 14
Marnus neem Elzebet na sy huis bo teen die berg, en sy besef nou eers hoe ryk en invloedryk die man is, veral wanneer sy sy drieverdiepingpaleis sien. Sy verneem ook dat hy pas geskei het. Xander maak planne oor hoe om sy roomysfabriek van die grond af te kry.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 13
Marnus en Xander ontmoet in die roomysfabriek, en daarna besef Elzebet dat sy nogal van Marnus hou. Dis die eerste keer dat sy so oor ‘n man voel. Shaun en Xander het ‘n lelike onderonsie.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 12
Xander verras Elzebet met ‘n besoek nadat hy teruggekeer het, en ontdek iets in haar huis wat hy graag wil koop. Elzebet is te verbaas om behoorlik te reageer. Neels maak ‘n voorstel aan Mawiet oor hoe sy by sy nuwe koffieplek betrokke kan raak, maar haar hart is in die restaurant.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 11
Ná die storm is Neels en Klara in ‘n geweldige argument betrokke. Elzebet maak ‘n groot bekentenis aan Mawiet. Mawiet weet nie herwaarts of derwaarts nie.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 10
‘n Geweldige storm bars oor die vallei los en verspoelings vind plaas. Klara is genoodsaak om die nag by Neels oor te bly. Ou liefde begin weer kop uitsteek. Dan kry Lienkie ‘n skokkende tyding.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 9
‘n Swaar storm steek op en die inwoners is bang dit is ‘n herhaling van Januarie se vloede. Neels help Klara oom haar paadjie te verstewig teen die watermassa wat kom en haar ooranghutte kan beskadig.

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 8
Lienkie, ‘n voormalige kelnerin by die restaurant, Suikerbossie, daag by die vulstasie op waar Jorrie diens doen, en wys hom op ‘n paar foute. Jorrie spring in en besluit om restourasie vir Lienkie te doen.