Adri en Ma ontmoet. Ben is verras om te sien hoe goed die twee oor die weg kom. Johan en Ben draai nie meer doekies om as dit by hulle planne kom nie, en Ma, Chanel en Adri word nou alles oor die rooftog vertel. Hulle hoor ook van die slim plan om hulle veilig te hou tydens en ná die rooftog.