Chanel vertel vir Pieter van die nuwe woonstel waar hulle sal woon wanneer hy uit die hospitaal ontslaan word. Pieter is verlig dat hy en sy pa nie onder dieselfde dak sal bly nie. Ben trek by Adri se woonstel in. Wanneer Ben van kinders praat, verander Adri skielik die onderwerp. Johan en Ma is alleen by die Bellville-huis. Hulle beraam planne om Chanel te oorreed om Johan weer as haar man te aanvaar.