Dis nog nag toe oom Abie-hulle met groot gedruis vertrek. Gerhard en Rianna het skaars ingesluimer of hulle word wakker geklop. Sharon en Fifi soek ’n veilige hawe, volgens haar bagasie vir veel langer as net een nag. Wat is in die bokse dat sy dit so dringend wil wegsteek?