Nog nooit het een koffertjie soveel bespreking ontlok nie. Daar is meer vrae as antwoorde. En dan stop die damwerkers weer alle werksaamhede by die dam en die hele dorp tou dam toe. Die televisiewaens sak van oral af op Wingerdvlei toe. Skielik gons die land nie langer oor Wingerdsvlei se voortreflike wyne nie - dit gons oor die moorde op die dorp.