OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 22

 
Pietman Radlof het besluit om Sonja Radlof met ‘n egskeidingsbevel storm te loop en haar aan te vat. Natuurlik sal Sonja dit nie gelate aanvaar nie. Sy sal nooit ondergaan sonder ‘n geveg nie. Dis asof Pietman die slegste in haar uitbring.