Mollie kuier by Vincent se ma om haar te laat weet dat haar seun spoorloos verdwyn het. Matilda bel vir Mollie en begin ʼn bietjie meer openlik praat oor Vincent se optrede die nag van sy verdwyning. Matilda se voordeurklok lui – daar is twee onbekende mans op haar drumpel.