Ontmoet die inwoners van die plaas Boskloof: Die geharde pa, Sybrand; sy gebroke vrou, Betta; hulle twintigjare seun, Henning; en die skaapwagter en vertroueling, Jannewarie. Daar heers groot opwinding want 'n wilde vosperd moet ingebreek word. Die gebeure lei tot groot onmin in die reeds gespanne huishouding.