Jaffie is geskok deur Oom Vaaltyn se vertelling van wat van die Meester geword het, en wat dit van hom geverg het om sý roeping te vervul. Kort daarna beleef Jaffie waarskynlik die grootse skok van sy lewe, naas die verlies van sy geliefde Mama Mamra. Gelukkig skuil daar ’n helder silwer randjie om elke donker wolk, en kry Jaffie geleentheid om Oom Vaaltyn se dodelike krinkslagbyt meesterlik toe te pas. Op die koop toe kan hy pronk met die heel mooiste eselnooientjie in die kontrei aan sy sy!