Ella kry dit reg om Blikkies sover te kry om haar te besoek. Jolene vra Wilmien om haar te help om ‘n rok te kies vir die aandete saam met Morné. Blikkies is geskok as Ella dit wel regkry om terug te kyk in sy verlede en kontak te maak met een van sy oorlede vrouens toe hy nog Blikkies Blignaut was.