Steward en Evelyn is haaks oor Gys. Steward glo steeds daar steek niks in Gys nie, net totdat hy ontdek Gys het Steenkamp se grond gekoop. Dis grond waarop Spring Tide Holdings met alle mag hulle hande wou lê. Steward word verder ontstel toe hy uitvind van Lennie Theron se teenwoordigheid op die dorp. Hy waarsku Evelyn vroegtydig om van Lennie af weg te bly. Evelyn hou nie daarvan dat Steward haar disrespekvol hanteer, of dat hy haar voorskryf nie, en rebeleer openlik daarteen.