Piet kom agter hy het Du Preez oor die kop geslaan, en nie vir speurder Theron nie. Du Preez waarsku hom om nie goed sonder sy medewete te doen nie. Trix is agterdogtig oor Steward en Spring Tide Holdings se grootkop, Kromhout. Gys is in die sewende hemel want die bank het sy besigheidsplan goedgekeur. Sy vreugde is egter van korte duur. Stella konfronteer hom oor die stories dat hy die pa van Vytjie se kind is.