Terwyl Ampie en Flip Staander doenig is met die damskroppery, bring Flip se dogter, Hester, vir hulle koffie. Ampie vergaap homself aan dié pragtige meisie. Flip kwel hom oor ’n dreigende dagvaarding, en wanneer Kasper aankom, wil Flip hom vra om die geld te leen, maar sy moed begewe hom, en boonop praat Kasper oor allerlei ander dinge.