Elke weeksmiddag hoor jy hom skerp vrae vra in RSG Geldsake met Moneyweb. Ryk van Niekerk is onlangs bekroon met die Sanlam Sakejoernalis van die jaar-toekenning. Hy het land en sand met Pieter Steyn gesels oor die liefdesverhale wat hy onder 'n skuilnaam vir vrouetydskrifte geskryf het, van die groot bedrogspulle wat hy oopgevlek het, en oor sy pa, die oudminister van landbou, Kraai van Niekerk.