Richard van der Westhuizen lees twee stories uit ‘n oud SAUK-ner, Jan Horn, se bundel, STORIES IN DIE WAAIGRAS voor. Jan vertel van sy kinderdae waar hy op die Vaalhartsbesproeiingsskema grootgeword het in SOETDORING-KRISMIS. In KERSNAG OP DIE HONGAARSE GRENS, vertel hy van sy pa wat met ‘n verbeeldingryke Kersverhaal-idee die Russiese vlag gehys het, en dit later met die Bethlehemster vervang het. Dit het hom byna in die tronk laat beland.